Description
Hanna is 'n intelligente verbeeldingryke jong meisie wat vir haarself die bynaam "Hoekom" op die hals gehaal het omdat sy altyd alles bevraagteken.
Toe haar eksentrieke ma besluit die familie - and dit sluit haar gay biologiese pa, akteur-stiefpa, aaklige halfbroer en twee stiefbroers in - moet die vakansie in 'n afgelee huis in die berge deurbring, einding dit in 'n situasie waar die hele spul gestrand sit, met nerens om heen te gaan en niemand behalwe mekaar vir geselskap nie.
Die Ongelooflike Avonture Van Hanna Hoekom is gebaseer op die roman deur Marita Van Der Vyver en is 'n aandoenlike dramatiese komedie met grootmensword as tema.